Meer oor Athalia Uitreik
Bejaarde en Gestremde Versorging
Athalia Uitreik - 'n Helpende hand in die gemeenskap
Athalia Uitreik se hoof doelwit is om in die huidige moeilike ekonomiese klimaat die toenemende vraagstuk na bekostigbare verblyf aan te spreek. Dit is veral vir bejaardes en gestremdes wat afhanklik is van staatstoelae en soortgelyke pensioen en om dit die hoof te bied en uitkoms te probeer bewerkstellig.
Athalia Uitreik bied ook tydelike verblyf aan jonger mense, totdat hul onafhanklik kan oorleef.
Ons missie is om 'n veilige hawe te skep waar Athalia bejaardes en gestremde persone in 'n skoon, netjiese omgewing sonder finansiële bekommernis kan bly en hul goue jare kan geniet. Athalia het dit ook oa ten doel om aan jongmense deurgaans sekuriteit te bied, voordat hul die grootmenswêreld betree. Verder streef ons om die voorbeeld te stel om Christelike beginsels te handhaaf en so te alle tye stabiliteit te vestig. Ons wil hulle ook leer om betrokke te wees in die gemeenskap en uit te reik na ander mense in nood.
Besoek gerus Athalia Uitreik se hoofwebtuiste vir nog meer inligting en foto's.
|